Resep Spaghetti Bolognaise
Tips Memasak Resep Spaghetti Instan Dapur Keju Prochiz
Maklike spaghetti bolognese

’n Lekker resep vir spaghetti bolognese is altyd ’n wenner en elke mens moet so ’n resep in hul agtersak hê vir ’n noodgeval. Dit is ’n heerlike gereg wat baie honger magies sal voed. Dit is ook ’n lekker resep om in grootmaat te maak, omdat dit gerieflik gevries kan word. Hierdie resep is maklik om te maak en na die eerste probeer slag maak jy dit sommer toe oë!
Hierdie resep maak genoeg vir 5 – 6 mense.
Bestanddele
15 ml olyfolie
1 ui, fyn gesny
3 knoffelhuisies, fyngekap
800 g beesmaalvleis (as jy nog oorskiet wil hê kan jy tot 1.5 kg maalvleis gebruik)
vleisspeserye (Ina Paarman se “meat spice” werk goed)
2 blikkies tamatie- en uie-mengsel
200 – 400 g sampioene, gesny
50 g tamatiepuree
bietjie rooiwyn (in jou glas en vir die kos)
15 ml Worcester-sauce
15 ml blatjang
gemengde speserye (Ina Paarman se mixed Italian herbs and garlic werk goed)
origanum, pietersielie en roosmaryn na smaak
sout en swartpeper na smaak
spaghetti, gaargemaak en gedreineer
Metode
- Maak die olie in ’n groot kastrol warm. Sodra dit warm is, braai die uie, knoffel en die helfte van die sampioene tot die uie deurskynenend word, dit behoort so 3 tot 4 minute te neem.
- Hou die plaat op ’n hoë hitte en voeg die ontdooide maalvleis by. Sprinkel die swart peper en die speserye oor die vleis en roer goed. Terwyl jy die maalvleis gaarmaak, voeg die Worcester-sous, blatjang en rooiwyn by. Maak seker om goed te roer sodat die vleis nie aanbrand nie.
- Sodra die maalvleis gaar is en die vloeistof weggekook is, gooi die twee blikkies tamatie- en uie- mengsel asook die tamatiepuree by. Indien jy die resep bietjie wil aanpas kan jy ook opgesnyde wortelstukkies of ertjies byvoeg.
- Sodra die mengsel begin borrel, verlaag die plaat se hitte, sodat dit lekker prut en die bestanddele gesels en mekaar beter leer ken. Voeg die oorblywende sampioene by. Roer elke 10 minute goed deur en laat dit vir 30 minute prut.
- Maak die spaghetti gaar soos op die verpakking aangedui en maak dit in ’n aparte pot. Laat dit dreineer en afkoel.
- Sodra die bolognese mengsel gereed is, kan dit bo-op die spaghetti bedien word. Sprinkel vars pietersielie oor en sit saam met rooiwyn voor. Indien jy baie van kaas hou kan jy gerasperde cheddar of parmesaan ook oorstrooi.
En voila! As daar baie bolognese oorbly, kan dit gevries word vir ’n aand waar jy te lui is om kos te maak, of vir wanneer die kinders in die middag iets soek om te eet. Dit is ook lekker op ’n roosterbroodjie saam met ontbyt. Die opsies is eindeloos!
Gallery Resep Spaghetti Bolognaise
Bikin Spaghetti Itu Tak Sesulit Yang Kamu Kira 7 Resep
Resep Spaghetti Saus Bolognese Coba Sajian Lezat Dan
Resep Spaghetti Bolognaise Maroela Media
Resep Spaghetti Bolognese Sosis Keju
Resep Spaghetti Bolognaise Oleh Indah Rizki Cookpad
Cara Membuat Spaghetti Bolognese Resep Masakan Indonesia
Resep Spaghetti Bolognaise Yang Enak Resep Kuliner
Resep Spagethi Apk App Free Download For Android
Sedapnya Spaghetti Bolognese Klasik Untuk Sarapan Pagi
Resep Spaghetti Bolognese Just Try Taste
Resep Spaghetti Bolognaise Enak Ini Bikin Si Kecil Semangat
Resep Saus Bolognese Homemade Untuk Pasta Lifestyle Fimela Com
Spaghetti Bolognese Resep Foods Resep Pasta Resep
Easy Spaghetti Bolognese Recipe
Cara Membuat Spaghetti Bolognese Sederhana Super Lezat Dan
Resep Spaghetti Saus Bolognese Komplit Dagelan Family
Trik Mudah Membuat Saus Spaghetti Lezat Royco
Resep Spaghetti Lafonte Bolognese Recipe
Resep Spaghetti Bolognaise Italia Khas Judul Situs